CVO MAGALIESChristelik-volkseie
Onderwys |
||||
Toelatingsbeleid van Christelik-volkseie Skole
1.1. Die Christelik-Protestantse geloof (Calvinisties-Gereformeerd), gegrond
op die Bybel en toegelig deur slegs die drie belydenisskrifte (Drie Formuliere
van Eenheid) te wete die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis
en die Dordtse Leerreëls. 2.1 Dat ouers die Christelik-Protestantse geloofsoortuiging soos verwoord
in die Drie Formuliere van Eenheid as persoonlike geloofsoortuiging bely
en uitleef. 3.1 Dat ouers gekeur en tot lede van die skoolvereniging toegelaat word
op grond van voldoening aan vereistes hierbo gemeld. Naas die vereiste akademiese en opvoedkundige kwalifikasies geld bogenoemde
vereistes vir die toelating van ouers tot die skoolvereniging, mutatis mutandis
vir die aanstelling van onderwys- en administratiewe personeel. __________________________________ Opmerkings: Volkseie:
1.2. Die uitleef van die Afrikanerkultuur, in besonder die kultuurbeskouïng
dat kultuur die gehoorsaamheid aan die Bybelse kultuuropdrag is en dat die
Afrikaner se uitlewing daarvan onder andere vergestalt word in die Gelofte
van Desember 1838 en die herbevestiging daarvan in Desember 1880.
2.2 Dat die Doopbelofte as Verbondsgelofte ten volle deur verbondsouers
nagekom sal word en dat die kinders dienooreenkomstig ook in die skool volgens
die Calvinisties-Gereformeerde leer onderrig sal word, d.w.s. dat die onderwys
daarvolgens ingerig sal word.
2.3 Dat die voertaal en onderrigtaal van die skool Afrikaans sal wees en
dat die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner as taal- en kultuurgroep gedenk
en eerbiedig moet word.
2.4 Dat verbondsouers punte 2.1, 2.2 en 2.3 moet onderskryf en aktief bevorder.
3.2 Dat slegs kinders van ouers wat as lede van die skoolvereniging toegelaat
is tot die skool toegelaat word en verder onderhewig daaraan dat slegs kinders
toegelaat word wat baat kan vind by die onderrig wat aan die betrokke skool
aangebied word.
3.3 Dat ouers die wettige bestuurs- en onderrigstrukture en kommunikasiekanale
van die skool in terme van die skool se oprigtingsdokumente, aanvaar en
te alle tye eerbiedig.
3.4 Dat ouers en kinders hulle onderwerp aan die skoolreëls en landswette.
3.5 Dat ouers alle finansiële verpligtinge soos deur die CVO-skool
bepaal stiptelik sal nakom.
Volkseie dui hier op die omvattende kultuur van die Afrikaner, m.a.w. sy ganse
geestelike besitting insluitend die Afrikaanse taal.
Terug na bo