|
|
CVO MAGALIES
Christelik-volkseie
Onderwys
Vereniging Ingelyf kragtens Art 21 van die Maatskappywet
Maatskappy Registrasienommer: 2000/016496/08
Nie Winsgewende Organisasie verwysing: 058-397-NPO
|
|
|
|
Skoolreëls
|
Algemene reëls | Akademiese
reëls | Eksamenreëls | Reëls
en riglyne vir ouers | Verbreking van skoolreëls
|
Algemene reëls
- Die skoolreëls van hierdie skool is van toepassing op alle leerlinge tydens
skoolure, of wanneer leerlinge in skooldrag
geklee is, of wanneer leerlinge as 'n groep na skoolure, beweeg.
- Die naam van God Drie-enig of, enige ander vorm van sy Naam, mag onder
geen omstandighede ydellik gebruik word nie.
- Geen leerstelling wat in stryd is met die Calvinisties Protestants Gereformeerde
leer sal hoegenaamd in die skool toegelaat word nie.
- Ander vloekwoorde en kragwoorde besoedel ons moedertaal en mag dus ook
nie gebruik word nie.
- Die optrede van leerlinge teenoor alle meerderes moet van respek getuig.
Die korrekte aanspreekvorm moet altyd gebruik word, en teëpraat sal nie geduld
word nie.
- Wanneer die klok aan die begin van die dag of aan die einde van pouse lui,
moet leerlinge dadelik in hulle rye inval.
- Geen leerling mag die skoolterrein tydens skoolure sonder die toestemming
van die skoolhoof of sy gemagtidge, verlaat nie.
- Versoek om terre inverlating moet skriftelik geskied.
- Met afhaal van die kind, meld die ouer by die kantoor aan; waarop die
sekretaresse (of skoolhoof) die kind sal gaan haal. Kinders wag nie buite
die klas nie.
- Ouers gaan geensins direk na die klas nie.
- In geval van 'n onverwagte situasie/siekte/krisis, meld ouer steeds
by die kantoor aan.
- Geen leerling mag die amptelike telefoon van die skool sonder toestemming
en sonder die toesig van die skoolhoof of sy gemagtigde gebruik nie.
- Leerlinge mag nie selfone tydens skoolure gebruik nie.
- Leerlinge mag nie rook nie.
- Alkohol, of enige ander vorm van dwelmmiddel mag nie deur enige leerling
van hierdie skool gebruik word nie.
- Geen leerlinge mag pouses in die klasse wees nie.
- Geen leerlinge mag pouses in die personeelkamer wees nie. Daar is 'n persoon
buite wat aan diens is wat dringende sake sal hanteer.
- Geen onsedelike of suggestiewe gedrag, optredes, praatjies of grappe word
toegelaat nie.
- Geen vorm van geweld, intimidasie of afknouery sal toegelaat word nie.
- Geen besoekers vir of gaste van leerlinge sal toegelaat word nie.
- Besoekers, insluitende ouers, mag geensins gedurende skoolure oor die
skoolgronde, of tussen of na die klasse beweeg nie. Dit steur die onderrigproses
onnodig. Indien ouers 'n onderwyser wil spreek, word dit via die skoolhoof
gedoen. Indien dit 'n privaat-aangeleentheid is, d.w.s. nie betrekking
op skoolwerk of ander skoolaktiwiteit het nie, moet ouers nogtans eers
by die kantoor aanmeld; waarop óf die hoof óf sekretaresse die betrokke
onderwyser sal gaan roep; meestal aan die einde van die periode - alhoewel
in geval van dringendheid, dit dadelik sal geskied.
- Geen leerling mag op die stoepe hardloop nie.
- Daar mag nie in badkamers gespeel word nie.
Terug na bo
Akademiese reëls
- Alle huiswerkopdragte deur leerkragte gegee, moet gedoen word. Alle leerlinge
moet huiswerkboeke hê.
- Huiswerk mag nie afgeskryf word nie. Eie werk moet deurgaans gedoen word.
- Daar mag onder geen omstandighede tydens lesperiodes gekou of geëet word
nie.
- Wanneer toetse of eksamen afgeneem word, sal die eksamenreëls van die skool
geld.
- Enige leerling wat tydens 'n lesperiode enige klaskamer wil betree, moet
die toestemming van die betrokke leerkrag verkry voordat enige ander taak
of aksie uitgevoer word.
- Geen leerling mag laat vir 'n klas opdaag nie.
- Geen leerling mag enige fotostate maak nie, behalwe met die toestemming
van 'n leerkrag, en nadat hy/sy eers by die sekretaresse aangemeld het.
- Wanneer 'n leerkrag nie vir 'n betrokke periode beskikbaar is nie, word
die periode geag 'n studieperiode te wees. Tydens 'n studieperiode moet elke
leerling op 'n stoel by 'n tafel sit en studeer. Geen geselsery of rondlopery
word toegelaat nie. Geen rekenaarspeletjies tydens studieperiodes nie. Leerlinge
mag ook onder geen omstandighede buite rondloop of speel nie. Leerlinge kom
meld afwesigheid van leerkrag by skoolhoof aan.
- Die rekenaarsentrum is daar vir rekenaarstudie en rekenaar-geletterdheid.
Geen leerlinge word daar sonder toesig van 'n onderwyser toegelaat nie.
- Onder geen omstandighede mag 'n leerling in 'n ander klas of op 'n ander
plek wees as dié klas waar hy/sy op 'n gegewe tydstip veronderstel is om te
wees nie.
- Wanneer die klok lui om die einde van 'n periode aan te kondig, moet die
leerlinge reageer op die opdrag van die onderwyser. Dit geld nie wanneer daar
nie 'n onderwyser in die klas is nie.
Terug na bo
Eksamenreëls
- Leerlinge mag slegs eksamen skryf in die lokaal soos deur die skoolhoof
of sy gevolmagtigde leerkrag vir die doel aangewys.
- Wanneer 'n eksamen in enige vak afgeneem word, sal daar deur 'n leerkrag(te)
soos deur die skoolhoof bepaal, toesig gehou word.
- Geen vorm van kommunikasie met enige persoon, behalwe die toesighouer(s),
sal toegelaat word nie.
- Leerlinge mag nie tydens die afneem van die eksamen van hulle stoele opstaan
nie. Die toesighouer(s) sal na die leerling gaan.
- Geen notas of aantekeninge, in enige vorm, mag hoegenaamd in besit van
'n leerling tydens enige deel van die eksamensessie wees nie.
- Tydens die afneem van die eksamen moet daar te alle tye absolute stilte
wees.
- Niemand mag die eksamenlokaal verlaat alvorens alle leerlinge nie klaar
geskryf het nie.
- Antwoordstelle sal ook nie voor die tyd deur toesighouers ingeneem word
nie.
- Leerlinge wat voor die tyd klaar is met die beantwoording van die vraestel,
mag nie rondkyk nie.
- Tydens die studiesessies geld dieselfde reëls soos hierbo.
- Geen eet- of drinkgoed mag in die eksamenlokaal ingeneem word nie.
- Wanneer toetse geskryf word, geld alle eksamenreëls soos hierbo uiteengesit.
- Toetse moet deur ouers geteken word en die volgende dag teruggestuur word.
- By die aflê van die finale eksamen in matriek, geld bogenoemde reëls nie, maar word die reëls en regulasies van die toepaslike eksamenraad toegepas.
Terug na bo
Reëls en riglyne vir ouers
- U moet asseblief toesien dat leerlinge soggens betyds by die skool opdaag.
Leerlinge wat laat kom, moet by die skoolhoof aanmeld en redes verstrek.
- U moet u kind tot gehoorsaamheid, dissipline en selfdissipline opvoed.
Dit is nie die taak van die skool nie.
- U moet ook 'n positiewe gesindheid by u kind ten opsigte van skoolwerk
kweek.
- U is ook verantwoordelik om 'n gees van lojaliteit ten opsigte van die
skool, leerkragte en maats by u kind te kweek.
- Wanneer dit om sensitiewe sake gaan, moet ouers daarteen waak om onderwyseres
en ander persone in gesagsposisie in die teenwoordigheid van hul kinders te
bespreek.
- U moet die regte voorbeeld aan u kind stel wanneer dit kom by taalgebruik,
maniere, taalsuiwerheid, optrede teenoor meerderes en sosiale gebruike.
- U moet asseblief toesien dat u kind skoon en netjies in die oggende by
die skool aankom. Dit stel die kind in die verleentheid as hy vuil en verwaarloos
lyk. Sorg asseblief dat knope en some vasgewerk is.
- Indien leerlinge toestemming kry om in privaat klere skool toe te kom,
moet hulle kleredrag steeds 'n beeld van sindelikheid vertoon. Geen slagspreuke
van enige aard mag vertoon word nie.
Terug na bo
Verbreking van skoolreëls
- Die skoolhoof, leerkragte en lede van die leerlingraad, maar ook alle leerlinge
van die skool moet almal met die toepassing van die skoolreëls help.
- Die skoolhoof, leerkragte en die leerlingraad hou afsonderlik boek van
oortredings deur leerlinge begaan. Dit word by wyse van 'n dagboekstelsel
gedoen. Alle voorvalle word aangeteken.
- Die skoolhoof sal dan die nodige tugstappe neem, soos voorgeskryf
- Bogenoemde insidente bou kumulatief teen 'n leerling op.
- Indien nodig, sal die skoolhoof met die nodige bewyse in gesprek met die
ouers tree.
- Sou die gesprek(ke) met ouers nie vrugte afwerp nie, word die ouers en
die kind gevra om voor die Opvoedingsraad te verskyn.
- Die Opvoedingsraad sal, na gelang van omstandighede, stappe neem indien
nodig.
Terug na bo