Christelik-volkseie
Onderwys Vereniging Ingelyf kragtens Art 21 van die Maatskappywet
Maatskappy Registrasienommer: 2000/016496/08
Nie Winsgewende Organisasie verwysing: 058-397-NPO
Aansoek: 'n Aansoekvorm vir voornemende ouers is by die skool beskikbaar.
Keuring: 'n Onderhoud met die ouers en kind(ers) word gevoer. Rapporte
van die vorige skooljaar word vir evaluasie benodig. Keuring en toelating tot CVO Magalies geskied op die grond van die Toelatingsbeleid. . Die kern van die grondslag word in die vrae van die keuring-
en toelatingsvraelys saamgevat.
Voornemende lede moet hierdie keuringsinstrument onderskryf.
Toelating word skriftelik bevestig na ontvangs van getekende aansoekvorms
en kontrak. Aan die begin van die jaar nooi ons ouers en kinders na 'n oriënteringsnaweek.
Ouers skakel met hul unieke kundigheid in by
twee of meer taakgroepe
'n fondsinsameling span met verpligte projekte en
'n skoonmaakspan met geskeduleerde werksbeurte en goedgekeurde heffings
vir afwesigheid.
Hertoelating: Ouers moet aan die einde van elke jaar om hertoelating
van hul kinders vir die volgende skooljaar aansoek doen. Hertoelating is onderhewig
aan bevredigende nakoming van finansiële verpligtinge, toelatingsvereistes,
werksbeurte en heffings, ouerbetrokkenheid ens. Dit mag gebeur dat ouers hul
stemreg verloor.
Gelde: Registrasiegeld (eenmalig vir alle nuwe gesinne) en maandelikse
skoolgelde word deur die ouervergadering aan die einde van elke jaar vir die
daaropvolgende jaar vasgestel.
Martiekulante betaal 'n eksamenfooi vir die skryf van die Seniorsertifikaateksamen aan die toepaslike eksamenraad oor.
Ouers is verantwoordelik vir die aankoop van werkboeke, persoonlike toerusting
en skooldrag.
Toetrede van 'n gesin tot die skool vind plaas nadat die eerste maand se
skoolgeld asook die registrasiegeld vooruit betaal is. In verdienstelike gevalle
kan 'n gesin vir die afbetaling van registrasiegeld aansoek doen.